Metadata: Report of the Commission on Coloured Education

PROVINSIE DIE KAAP DIE GOEIE HOOP. 
Verslag van die Kommissie Insake Kleurlingonderwys. 
1925-26. 
Departement van Openbare Onderwys, 
Kaapstad, 12 Julie 1926. 
3y Edelagbare die Administrateur, 
EDELAGBARE HEER, — Die Kommissie insake kleurlingonderwys, wat deur die Prowinsiale 
Administrasie in Mei 1925 aangestel was, het die eer om die volgende verslag in te dien 
met sy aanbevelings in verband met die vrae wat uiteengesit is in die opdrag. 
Die notule van die vergaderings, met besonderhede van die getuienis, wat voor die 
Kommissie afgelê is, afskrifte van memorandums aan die Kommissie voorgelé en statistiese 
yegewens deur die Kommissie versamel, is nie aaugeheg nie. Die Kommissie is bereid om 
dié afsonderlik te publiseer as dit verlang word. 
Die Kommissie soos oorspronklik samegestel het bestaan uit die volgende lede, nl: — 
Dr. W. J. Vriwory, M.A, Ph.D., D.C.L. (Uxon.), Superintendent-Generaal van 
Onderwys, Voorsitter. 
Dr. A. Apporanyax, M.B., I.P.R. 
Mnr. J. P. J. Bruxr, Kontroleur van Onderwysfinansies. 
Mur, F. Hexnricks, Prinsipaal van die Battswoodse Opleidingskool, Wynberg, 
Mnr. C. E. Z. WarErMEYEr, B.A. LI.B., Inspekteur van Skole. 
OPDRAG. 
Die opdrag aan die Kommissie was as volg: — 
Daderworpe aan die bepalings van die Finansiële Verhoudingswet — 
(4) Om in die algemeen die teenswoordige toestand van kleurlingonderwys in die 
Kaapprovinsie in oorsig te neem en om sulke getuienis, as die Departement in 
verband met die saak ingewin het, behoorlik in aanmerking te neem. 
Om aanbevelings met betrekking tot die beheer en organisasie van kleurlingskole 
in te dien. | 
Om aanbevelings met betrekking tot die opleiding van kleurlingonderwysers/esse 
in te dien, en ook aangaande die leerplanne vir die verskeie soorte van kleur- 
lingskole. 
Om sulke ander aanbevelings in te dien as nodig mag blyk teneinde die onder- 
wys van die kleurlingbevolking doeltreffend uit te voer. In hierdie opsig moet 
lie industriële sy van skoolwerk in alle soorte van skole behoorlik in aanmerking 
geneem word. 
Um ondersoek te doen na en om tè rapporteer omtrent die wenslikheid of nie van 
die toepassing van die bepaling van Hoofstuk 22 van Ordonnansie 5 van 1921 
op skole vir kleurlingleerlinge; en indien die beginsel goedkeuring vind om te 
meld watter wysiging, as dit nodig is, in die bepalings van die Hoofstuk, met 
betrekking tot kleurlingskole, gemaak behoort te word. 
In Desember laaslede was Mnr. Brunt genoodsaak om, weens sy verplasing na die 
Kantoor van die Hoë Kommissaris in Londen, as lid van die Kommissie, te bedank. Toe 
die kwessie van die aanvulling van die vakature deur die Uitvoerende Komitee oorweeg 
3, is dit besluit om die Kommissie tot 10 lede te vergroot, en die volgende nuwe lede is 
wangestel, n.l.:— 
e) 
Mnr. A. L. Caaurks, B.Se., Inspekteur van Skole. 
Mnr. C. L. HorMEYR, B.A., Inspekteur van Skole. 
Weleerw. AARTSDEKEN S. W. Lavis. B.D., van die Kerk van die Provinsie Suid- 
Afrika, 
fierw. W. Mason, Superintendent van die Kaapstadse Kleurlingring van die 
Weslevaanse Kerk, 
Mnr. A. W. Pomeroy, van die Onderwysdepartement; en 
Is. DavipD WiLcocks, Prinsipaal van die Sendingsinstituut van die N.G.K., Welling- 
ton.
	        
Waiting...

Note to user

Dear user,

In response to current developments in the web technology used by the Goobi viewer, the software no longer supports your browser.

Please use one of the following browsers to display this page correctly.

Thank you.