Full text: Report of the Commission on Coloured Education

HOOFPUNTE VAN GETUIENIS. 
Die hoofpunte van getuienis wat afgelé is, kan kortliks opgesom word as volg: — 
BEHEER EN ()RGANISASIE. Vrae 1 tot 3. _ 
- Daar was belangrike verskil van mening, maar die vernaamste aanbevelings wat voor- 
gebring is, kan onder vier klasse geplaas word: — 
(1) Die behoud van die bestaande stelsel. / 
(2) Die instelling van Rade saamgestel op die basis van bestaande kerklike beheer. 
(3) Publieke onsektariese Rade. i 
(4) Samewerking van die kerke in die stigting en bestuur van inter-kerklike skole 
sonder om die samestelling van ad hoc Rade noodsaaklik te maak. : 
Die getuienis was oorweldigend ten gunste van die instelling van skoolkomitees. 
OPLEIDING VAN ONDERWYSERS.—Vrae 4 tot 9. 
Die getuienis was byna eenstemmig dat oplei ding hand in hand moet gaan met godsdiens- 
onderwys. Kerklike liggame en die verenigde komitee van die vereniginge van blanke 
onderwysers was nie ten gunste van die kontrole van opleidingsinstellinge deur die Staat 
"Ie. 
(1) Toevoer van onderwysers. 
Daar was geen oortuiende bewys van ’n tekort aan onderwysers vir werk tot op 
Standerd IV nie. Die toevoer van onderwysers wat bevoeg is vir werk in Standerds V en 
VI het egter nie in ewenredigheid gebly met die aanvraag nie. … 
Die lae salarisse wat betaal word is van slegte invloed gewees op die kwaliteit van die 
kandidate wat hulle vir opleiding as onderwysers aangebied het. . 
(2) Standaard. van toelating tot opleidingskursusse. 
Daar was baie van opienie dat die standaard van toelating verhoog behoort te word, dog 
die getuienis betreffende die onmiddellike uitvoerbaarheid van so ’n stap was nie oortuigend 
nie. 
(3) Ouderdom van toelating tot opleidingskursusse. 
Die afgelegde getuienis was nie ten gunste van enige ouderdomsbeperking nie. 
(4) Duur van opleidingskursus. 
Die duur van die kursus is bevredigend; maar dit was die gevoele dat die Departement 
stappe behoort te doen om ’n groter mate van eenheid te verkry in die hou van die Standerd 
VI eksamen, en dat kandidate wat blykbaar ongeskik is vir onderwys gee, gedurende die 
eerste jaar van opleiding afgekeur behoort te word. 
(5) Leerplanne van onderwys in die Onderwyserskursusse, 
Daar was algemene ooreenstemming dat die bestaande leerplanne van onderwys 
bevredigend is. Getuie wat aangedring het op ’n meer praktiese rigting vir die kursusse 
het nie geweet dat daar behoorlike voorsiening in die kursusse vir sulke rigting was nie. 
Dit was die gevoele dat die voldoende uitrusting van die opleidingsinrigtings om die nodige 
praktiese onderwys te gee die vernaamste noodsaaklikheid was. 
(6) Koshuise. 
Dit was die algemene gevoele dat die bestaande opleidingsinrigtings en middelbare 
skole baie in hulle werk gehinder word deur die byna algehele gebrek aan geskikte koshuise. 
SKOOLLEERPLANNE.—Vrae 10 en 11. : 
(1) Primére. 
Daar was geen klag teen die leerplan wat in werking is nie, behalwe dat meer aandag 
gegee behoort te word aan die praktiese vakke van handwerk, tuinmaak en huishoudelike 
wetenskap. Verder is aan die hand gegee dat daar ’n spesiale leerplan behoort te wees vir 
plattelandskole met een en twee onderwysers. 
(2) Middelbare. 
Geen getuienis is afgelé om verskil tussen die middelbare leerplanne vir blanke- en 
kleurlingskole te regverdig nie. Die verskeidenheid van beskikbare kursusse van onderwys 
maak die invoering van voldoende praktiese vakke moontlik. Aan die ander kant ‘behoort 
daar geen hinderpaal vir toelating tot ’n akademiese kursus vir leerlinge wat dit begeer. 
te wees nie. 
SKOOLGEBOUE.—Kwessie 12. 
Die vernaamste punte in die getuienis was: — 
(1) Die toelaag van vyf persent op die koste van oprigting gee algemene bevrediging, 
maar behoort tot geboue wat opgerig is voor 1 April 1918 uitgebrei te word, 
KP. 127,7
	        
Waiting...

Note to user

Dear user,

In response to current developments in the web technology used by the Goobi viewer, the software no longer supports your browser.

Please use one of the following browsers to display this page correctly.

Thank you.