(2) Die Administrasie behoort voorsiening te maak vir skoolgeboue in lokaliteite war
nie deur ’n kerk bedien word nie. i
(3) Die hele huur van gehuurde geboue behoort deur die ‘Administrasie betaal te word.
(4) ’n Leningsfonds vir skoolgeboue vir kleurlingkinders behoort gestig te word. . Die
kerke en ander vrywillige erkende organisasies sou van sulke fonds kan leen op by regulasie
vasgestelde voorwaardes.
VERPLIGTE SKOOLBESOEK.—Vraag 14.
Die vernaamste punte in die. getuienis was: —
(1) Die beginsel van verpligting was algemeen verlang. In stedelike gebiede is dit
in ’n seker vorm as onmiddellik uitvóerbaar beskou geword, maar die’ gevoele is dat ver-
pligting in plattelandstreke op die oomblik buite die kwessie is.
(2) Die verpligte skoolbesoek van leerlinge wat werklik op die rol van die skool staan
word deur sommige getuie gesteun, maar andere het geen voordeel gesien in so ’n
maatreël nie. /
(3) Standerd IV was die laagste standerd van bo wat aanbeveel is, met afwisselande
2uderdomme van 13 tot 16.
(4) Die toepassing van verpligting vir kleurlingkinders behoort plaas te vind op die-
selfde manier as die wat gevolg word in die geleidelike toepassing van die beginsel op
blanke leerlinge.
PLATTELANDSKOLE.—Vraag 17.
Die volgende punte was in die getuienis aangehaal : —
(1) Die stigting van meer skole in die plattelands-distrikte is ’n noodsaaklikheid.
(2) Die platteland het 'n ander soort van skool nodig dan die stedelike gebiede.
‚ (3) As meer skole op die platteland gevestig was sou die kleurlingbevolking meer
‘ot rus kom en daar sou minder trekking plaasvind.
(4) Oor die algemeen gespreek skyn die boerebevolking nie gunstig gestem te wees
teenoor die onderwys van die kleurlinge nie maar dit word gesê dat daar ’n verandering
in houding in sommige streke te bespeur is.
(5) Die belangstelling van die boere ‘behoort opgewek te word om die skole gesamentlik
met die plaaslike sendeling en die ringinspekteur te stig.
(6) Vervoertoelaes behoort beskikbaar gestel te word om besoek van sentrale skole
moontlik te maak. |
(7) Die wet behoort verander te word om die stigting van plaasskole met ’n kleiner
aantal leerlinge dan wat onder die bestaande wet moontlik is, toe te laat.
(8) Die personeel van hierdie skole hoef nie noodsaaklik uit geoefende of gesertifieerde
onderwysers te bestaan nie.
(9) Die getuienis het aangetoon dat die onderwyser met ’n stedelike opleiding en stede-
like neigings nie altyd ooreengestem het met die ideale van die boer met betrekking tot die
regte. soort van onderwys wat nodig is op die land nie. Eweneens word die soort van op-
voeding wat nou gegee word gedeeltelik geblameer vir die ongewenste verhoudings wat
likwels bestaan tussen werkgewer en werknemer.
VOERTAAL.—Vrae 21 tot 94.
Die vernaamste menings wat uitgespreek is, is:— -
i (1) Dit is moeilik om te bepaal wat die huistaal van kleurlingkinders in die vernaamste
itede is.
(2) In die plattelandsdistrikte is Afrikaans die huistaal van die grote meerderheid:
(3) Die ouers in die groot stede sou beswaar maak op die invoering van die voertaal-
vepalings van die Ordonnansie, omdat gevrees word dat hul kinders nie voldoende Engels
sou leer om hulle vir die praktiese lewensvereistes voor te berei nie.
(4) Die voertaal van onderwys behoort die taal te wees waarin die kind uiteindelik sy
brood moet verdien. :
(5) Indien. die huistaal as voertaal toegepas sou word. sou die kind van die platteland
nadeliger: af wees dan die stadskind weens die vroeë leeftyd waarop die kleurlingleerling die
skool verlaat; hy sou alleen sy huistaal ken.
(6) In die vernaamste stede blyk Engels gebruik te word as die heersende voertaal. Op
die platteland word albei die voertale gebruik en baie skole begin met die kind te onderwys
deur middel van die huistaal.
(7) Baie onderwysers is nog nie bevoeg om onderwvs te gee deur middel van die
Afrikaanse taal nie