(8) Die bepalings van die Ordonnansie betreffende die taal behoort nie in die Transkei
toegepas te word nie. Ca :
(9) Die beste tweetaliges is waarskynlik dié wie se huistaal nie die taal, wat gebruik
is as middel van onderwys in die shool, was nie. /
(10) In die opleidingskole is Engels oor die algemeen die medium en Afrikaans word
as ’n taalonderwys. Studente ontvang oefening in albei die voertale en eksamens in klas-
onderwys deur middel van Afrikaans word nou gehou: die uitwerking hiervan kan nog nie
apoemerk word nie.
BEVINDINGS EN AANBEVELINGS.
Die Kommissie het sorgvuldig hierdie punte van getuienis in oorsig geneem en oorweeg,
met ‘behoorlike inagneming van die voorstelle wat deur die verskillende getwe
en korrespondente cedoen is. en wens die voloende hevindinss en aanbevelines In te dien: —
BEHEER EN ORGANISASIE.
Na die sorgvuldigste oorweging van wat ongetwyfeld ’n lastige vraagstuk is, het die
Kommissie besluit om aan te beveel: —
(1) Dat die Administrasie die mag neem om ’n bestaande Skoolraad die medebesturende
liggaam te maak vir kleurlingonderwys in sy ganse of in ’n deel van sy wettige gebied,
met die verstandhouding dat bestaande kerkskole of kerkskole wat later gestig word hulle
bestaande godsdienstige vryheid sal behou.
(2) Dat in ’n streek waarin die skoolraad die medebesturende outoriteit vir kleurling-
onderwys is, die Administrasie op sulke Raad lede behoort te nomineer vir die spesiale doe]
om die belange van die kleurlingbevolking te verteenwoordig.
Die Raad sou die liggaam wees wat die Departement sou adviseer oor die kwessie van
geboue en uitrusting en die stigting van addisionele skole vir kleurlinge.
Dit word nie beweer dat die Raad vir die oprigting en onderhoud van alle nodige
nuwe geboue verantwoordelik moet wees nie. Wanneer die Raad besluit dat daar ’n
definitiewe behoefte is aan ’n addisionele skool, sou hy uitvind of ’n godsdienstige liggaam
wat in sy omgewing werk bereid en in staat sou wees om die stigting van so’n. skool te
onderneem, en hy sou dan sy aanbevelings aan die Departement stuur.
Ingeval geen kerklike liggaam gereed is om dit te doen nie sou die Raad met goed-
keuring van die Administrasie, ’n openbare onsektariese skool kan stig.
(3) Dat, op versoek van ’n erkende kerklike outoriteit, ’n skoolkomitee vir enige
kerkskool gestig mag word. Hierdie komitee behoort te bestaan uit:—
(a) die ‘bestuurder (of sy plaasvervanger), wat die voorsitter en korrespondeni
behoort te wees;
(b) twee lede genomineer deur die erkende kerklike outoriteit;
(c) twee lede gekies deur die ouers.
(4) Dat, mutatis mutandis, die pligte van die skoolkomitee dieselfde sal wees as die pligte
van die komitee van ’n openbare onsektariese skool.
OPLEIDING VAN ONDERWYSERS.
(5) Die Kommissie is van mening dat geen verandering in die bestaande stelsel van
sektariese beheer van die opleidingsinstellings nodig is nie, en beveel dus aan dat die
teenswoordige stelsel van beheer behou word,
(6) Die Kommissie ondersteun verder die wens wat oor die algemeen uitgespreek is
dat godsdiensonderwys ’n bepaalde deel van hierdie instellings moet uitmàak,
(7) Die beskikbare getuienis toon aan dat die voorraad van onderwysers wat behoorlik
bevoeg is vir werk onder Standerd V voldoende is, maar dat, miskien weens die lae
salarisse wat in die verlede betaal is, die onderwysvak nie altyd die beste soort van persoon
aangetrek het nie. Vir werk in Standerds V en VI, het die toevoer nie gelyke tred met
die aanvraag gehou nie, en ’n baie groter toevoer van Primêre Hoër kandidate is nodig.
Waar dit nie moontlik gewees is om onderwysers van die Primére Laer soort te kry nie,
was die oorsake die moeilikheid om kos en inwoning teen betaling te verkry, wat die salarisse
van onderwysers moontlik gemaak het, of die onaantreklike aard van die omgewine waarin
die onderwyser genoodsaak was om te lewe.
(8) Die Kommissie beveel aan dat reiskoste in die geval van onderwvsers wat ’n eerste
betrekking aanvaar betaal behoort te word.
(9) Die Kommissie ag dat die standaard van opvoeding wat nou geëis word vir toelating
tot die onderwyserskursusse bevredigend is, maar is van mening dat, met die doel. om ‘te
voorkom dat ongeskikte persone onderwyserssertifikate sal verkry, daar ’n sorgvuldige ver-
wydering van min belowende kandidate nie later dan die end van die eerste jaar van die
kursus van opleiding behoort te wees nie.
(10) Die Kommissie beveel aan dat vir die teenswoordige geen ouderdomsgrens vir
toelating tot die onderwyserskursusse vasgestel word nie.
CK.P. 1227.