Die volgende staat toon die, voordeel van so 'n reëling vir die Administrasie sowel
as vir die kerklike liggame aan:-—
Lening van £100.
Vir 40 jaar .. ..-..
Vir 30 jaar .. .. ..
Vir 25 jaar .. .. ol
Vir 20 jaar .. J
Bruto jaarliks:
koste vir die
Administrasie
IA
4 9 6
(10
7 19
Jaarlikse bedrag Netto jaarlikse
rai koste vir | Totale kaye
deur kerke. | Administrasie. :
1 a)
ob
2 0
£
40
45
56]
60
Ju rR
16 0
4 19 4
Aangesien die Administrasie onder die bestaande wet vyf persent per jaar op die
koste van oprigting van die geboue, vir ewig betaal, sou daar ’n besparing wees van
3s. 10d., 6d., 4s., en 8d. persent per jaar op veertigjarige, dertigjarige, vy{-en-twintigjarige
en twintigjarige lenings respektieflik, en die betalings sou ophou by aflossing.
Die kerklike liggame sou die voordeel ontvang deur die grootste deel van hul betalings
indirek belê te hê in ’n deur die Regering belegde deigingsfonds, en hulle sou gevolglik
van ’n belangrike gedeelte van hulle skuld vrygestel word.
(22) Die Kommissie gee verder aan die hand dat, indien die leningsfonds waarvan
in die voorafgaande seksies melding gemaak word, gestig sou. word, dit na verkiesing van
die kerklike liggame moet wees om van die aldus gestigte fonds te leen of private lenings
te sluit soos nou en om vyf persent te ontvang op die koste van die geboue, soos bepaal is
in Artiekel 10 van Ordonnansie 23 van 1925.
(23) Die Kommissie beveel tewens aan dat ’n seker jaarlikse toelaag betaal behoort te
word aan die kerklike en sendingsliggame ten opsigte van geboue wat opgerig of verkry is
voor 1 April 1918.
(24) Verder beveel die Kommissie aan dat ’n bydrae tot die koste van oprigting van
veboue kragtens Ordonnansie 23 van 1925, betaal behoort te word vanaf die datum waarop
die uitgawe deur die kerklike outoriteit gemaak is en nie, soos nou, vanaf die datum van
okkupasie van die geboue nie.
VERPLIGTE SKOOLBESOEK.
(25) Met die invoering van die nuwe finansiële verhoudings tussen die Unie en die
Provinsie, kan die kwessie van verpligte skoolbesoek vir kleurlingkinders uit ’n ander
oogpunt beskou word. Elke addisionele kind, wat die skool besoek, verdien nou ’n sub-
siedie van £5 Hs. per jaar uit die skatkis van die Unie. Dit is dus ’n belangrike punt dat
addisionele leerlinge wat op die rol geplaas word in die skole nie langer ’n addisionele
geldelike las verteenwoordig nie.
Gevolglik is die Kommissie van oordeel dat wetgewing ingevoer behoort te word wat die
Administrasie die mag gee, op versoek van ’n geskikte plaaslike oorheid, om onderwys
van kleurlingkinders verpligtend te maak binne die grense van ’n munisipaliteit (waaronder
'n dorpsbestuursgebied of ’n plaaslik bestuursgebied inbegrepe is) of ’n afdelingsraads-
gebied.
(26) Die Kommissie gee verder aan die hand dat die laagste grens van verpligting die
ouderdom van sewe jaar behoort te wees, en die hoogste grens wanneer die kind die ouder-
dom van dertien jaar bereik het of wanneer hy in die vierde standerd geslaag het, watter
van die twee ook die eerste plaasvind.
(27) Die Kommissie is van mening dat, in ’n area waarin ’n skoolraad die medebe-
sturende liggaam vir kleurlingonderwys gemaak is, ’n versoek om sulke verklaring van die
skoolraad behoort uit te gaan, en dat die skoolraad die liggaam behoort te wees wat daar
verantwoordelik voor is dat leerplig toegepas word.
In ’n ander area waar leerplig vir die Administrasie blyk wenslik te wees, behoort
die Denartement die nodige te doen vir die toepassine daarvan.
PLATTELANDSKOLE.
(28) Met die doel om meer in die algemeen die stigting van primêre skole met ’n
mienimum aantal van 20 leerlinge gemakliker te maak, beveel die Kommissie aan dat ver-
voertoelae volgens ’n tarief wat by regulasie vasgestel moet word, verskaf behoort te word.
(29) Om in die behoeftes van die kleurlingbevolking te voorsien en, daarby, om die
middels te verskaf vir die verkry van bestendiger arbeidstoestande op die plase, beveel die
Kommissie ook aan die stigting van ’n besondere tiepe van kleiner plattelandskole met ’n
mienimum aantal leerlinge van vyt.
Die eerste stap tot die stigting van sulke skole behoort deur ’n erkende kerklike
outoriteit geneem te word in samewerking met die ringinspekteur en die betrokke
boere.
FK.P. 12277