HuIsTAAL 4s VAK EN VOERTAAL.
(37) Met betrekking tot die wenslikheid om die bepalings van Hoofstuk 22 van
Ordonnasie 5 van 1921 op kleurlingskole toe te pas, gee die getuienis drie hoofgroepe
van opienie aan: —
(Ï) Dié wat ten gunste is van die onderwys van Engels as die hooftaal met Afrikaans
as bykomende taal van onderwys in stedelike gebiede, en die gebruik van Engels
as heersende voertaal, afgesien van die huistaal van die leerling.
(ii) Dié wat die toepassing van die bepalings van Hoofstuk 22 op kleurlingskole in
’n gewysigde vorm ondersteun. | u
(iii) Dié wat pleit vir die toepassing van die. bepalings van Hoofstuk 22 in sy geheel op
alle kleurlingskole.
Die Kommissie beveel aan:—
(1) Dat in stede soos Kaapstad, Port Elizabeth en Kimberley, albei die offisiële tale
as vakke in al die primêre standerds onderwys behoort te word en dat die keus van voertaal
aan die diskresje van die plaaslike bestuur oorgelaat behoort te word.
(2) Dat op die platteland albei die offisiële tale as vakke in al die primêre standerds
onderwys behoort te word;
dat lees en skryf in die twede taal nie ingevoer behoort te word voordat die leer-
inge ’n taamlike werkende woordeskat in daardie taal verkry het en die klanke en ooreen-
komende simbole van hul eie taal deeglik ken nie.
dat leerlinge uitsluitend deur middel van hul huistaal onderwys behoort te word
totdat, as ’n gevolg van sistematiese mondelinge oefening, hulle voldoende kennis van die
twede taal verkry het om voordeel daaruit as voertaal te trek; en
dat daarna die twede taal meer en meer as voertaal vebruik behoort te word.
HOOFINSPEKTEUR VIR KLEURLINGONDERWYS.
(38) Die Kommissie is van mening dat daar op die oomblik geen noodsaaklikheid bestaan
ir die aanstelling van ’n Hoofinspekteur vir Kleurlingonderwvs nie.
BESLUIT.
Die voorafgaande is die hoofbesluite waartoe die Kommissie gekom het,
Die Kommissie is van mening dat die wesenlike verdienste van die verslag bevind
sal word in die feit dat sy voorstelle in geen geval hersenskimmig is nie, maar binne die
grense van uitvoerbaarheid val, en geleidelik ingevoer kan word, soos die omstandighede
dit toelaat, sonder dat ’n onbehoorlike las op die belastingbetaler gelê word.
Terwyl, weens die moeilikhede wat met die toestand gepaard gaan, waarvan baie die
natuurlike nasleep is van jare van geldelike skaarste, dit minstens vir enige tyd onmoontlik
mag wees vir die Administrasie om die opvoeding en voorbereiding vir die lewe van sy
toekomstige kleurlingburgers op net so’n uitgebreide en vrygewige voet te onderneem as
moontlik was vir die blanke bevolking, word dit met vertroue gehoop dat die nodige her-
vormings en verbeterings in die stelsel van kleurlingonderwys nie vir onbepaalde tvd
uitgestel sal word nie.
In die onderwys van kleurlinge, soos in baie ander dinge, het die Kaapprovinsie die baan
gebreek vir die res van die Unie. Gedurende die laaste tien jaar was daar bevredigende
vooruitgang in meer dan een rigting te bespeur: primêre onderwys is vry gemaak en,
terwyl boeke en skoolbenodighede nie kosteloos verskaf word nie, is dit aangenaam om te
kan meld dat daar voorsiëning bestaan om te verseker dat geen leerling, wat die skool
besoek genoodsaak is om weens armoede, sonder sodanige uitrusting te gaan nie. Eweneens
is nuwe onderwyskursusse, spesiaal bedoel om te voorsien in die behoeftes van die kleurling-
bevolking, in die primêre skole en opleidingsinstellinge vir kleurlinge ingevoer.
Nogtans, moet daar nog baie ingehaal word, en nou dat die onderwysstelsels vir
blankes en naturelle deeglik hersien en volgens die vereistes van die tyd ingerig is, skyn
die tyd aangebreek te wees vir die opmars in die veld van kleurlingonderwys. Die inskry-
wing van leerlinge het, in baie gevalle, vermeerder bo die regverdige perke wat toegelaat
is deur beskikbare akkommodasie en onderwyskragte. Oor die algemeen is skole in
stedelike gebiede so oorvol, en die klasse is in baie gevalle so groot, dat dit on mogelik
s om behoorlike aandag aan leerlinge te gee.
Die kerke, aan wie die kleurlingbevolking en die Staat groot dankbaarheid verskuldig is,
is, weens geldgebrek, nie in staat om ’n toestand tegemoet te kom nie, wat steeds toeneem in
ingewikkeldheid en moeilikheid; en die sendelinge— die ware pioniers van kleurlingonder-
wys—kyk met vertroue na die Staat om hulp.
KP 1.971